Die reis begin

 

 

Wat sê hierdie rooi rugsak wat so lekker op die treinsitplek langs my sit terwyl ons saam deur die Franse platteland ry? Eerstens is die sak tot barstens toe vol. Dik sokkies, Voltaren gel, pleisters vir blase op die tone … Verder sê die sak hier is n ware patriot op reis. Vlaggie uit krale gemaak, vlaggie op die koppie. Ek wil hê die mense moet weet waarvandaan ek kom. En dan die skulp wat die kenteken is van die Camino de Santiago, the Way of St James, of die Jakobsweg in Afrikaans. Ja, ek gaan vir die volgende ses weke 800 km van St Jean Pied de Port in Frankryk tot in Santiago de Compostello in Spanje stap. Gaan ek dit regkry? Ek weet nie. Al wat ek weet is dat ek reeds my geliefdes mis, hier waar ek in die hotelkamer in Biarritz sit en skryf. Wat ek ook weet is dat dit gaan moeilik wees, maar dat goed wat die moeite werd is, soms met moeite gebeur. Hierdie blog gaan daaroor. Ek gaan vir die volgende ses weke die wegste wees wat ek nog ooit was. So, met 10 kg op my rug en n bewende hart pak ek more die lang pad aan. Vir myself sê ek vanaand Buen Camino.

 

5 thoughts on “Die reis begin

  1. Daardie rooi rugsak s♪ dit alles – van inpak tot uitpak is hy jou companion en julle gaan moerse tye belewe! Geniet elke tree…

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s