Want spyt kom altyd te laat

 Die poort van St Jean  Pied de Port

Ek sit hier by n straatkafee in St Jean Pied de Port. Ek drink Sangria, eet n broodjie en voel my eerste regret – en ek het nog nie eers begin stap nie! Vanoggend ontmoet ek my eerste mede-pelgrims toe ons op die treinstasie in Byonne wag vir n bus wat ons na St Jean toe sal vat. Ek sê ‘ons’ – n motley crew pelgrims, sommige met rugsakke wat hulle skuins trek, so swaar is dit, en ander met n sakkie wat lyk of die eienaar op n dagtrippie dieretuin toe gaan. Dit vat my n volle halfuur voordat ek genoeg bymekaar skraap en gaan kennis maak met die groepie op die bankie langs my. Drie Aussies, en Gina van Berlyn. Die Aussie couple is 50 in die skaduwee en pas getroud. A spot of honeymoon, if you know what I’m saying.  Hulle wittebrood doen hulle saam met n vriendin wat n paar jaar gelede deur n kar omgery is en onderneem het om die Camino te doen as sy ooit weer kon loop. En hier is sy, wallaby soft toy op haar sak en lang pers naels met nail art.

By hulle is Gina van Berlyn. Sy het nou n bietjie tyd, haar man hou nie van hike nie en wag sy tot later in die jaar, gaan dit te warm wees. Sommer net so. Ek en Gina ry in die bus saam, ons deel stories oor ou ouers wat nie kan verstaan hoekom ons dit wil doen nie. Gina wil vandag al 10 km stap omdat sy nie op die eerste dag so ver wil gaan nie. Ons kry saam-saam ons Camino-paspoorte, ek wag saam met haar terwyl haar stap app aflaai waar daar wifi is. Ek stap saam met haar deur die klippoorte van die dorp en sy vra my om saam met haar verder te stap tot vanaand waar sy gaan slaap. Maar ek het reeds die herberg waar ek vanaand in St Jean gaan slaap laat weet ek kom. Hulle is toe oor middagete, so ek kan hulle nie kontak nie. Ek doen die regte ding en laat Gina alleen verder stap terwyl ek terugdraai. En nou is ek jammer. Ek wens ek en Gina was nou op pad deur die vallei na Valcarlos, so 10 km van hier af. Is dit goed om liewer die regte ding te doen en by die plan te hou, of moet n mens liewer saam met Gina die onbekende instap? Ek weet nie. Mag die Camino my die antwoord op hierdie vragie gee.

 

5 thoughts on “Want spyt kom altyd te laat

  1. Ja, dis n moeilike vraag, Jennas, en nie een waarop jy n antwoord moet verwag nie. Die keuse tussen die ding wat ander van jou verwag, versus wat jy intuitief of selfs impulsief wil doen, duik feitlik daagliks op. Elke keer is die antwoord anders. Dit bly n spel van waardes. Hoop jou eerste dag van Camino stap was n reuse sukses. Kan nie wag om jou blog daaroor te lees nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s