I walk alone … of nie?

 

Die

 

Rooi papawers herinner aan die oorlog.

 

Die pad vorentoe.

 

‘n Amandelboom staan in bloei.

 

 

Die afgelope twee dae stap ek alleen. Dit werk vir my soveel beter as om saam met iemand te stap. Ek kan stop as ek wil, elke nou en dan n foto neem, en ek voel nie die druk om n ambassadeur vir my mense en my land te wees nie. Miriam Makeba se pragtige lied, I walk alone, kom heeltyd by my op. Sy is in haar liefde verlaat, maar met my is dit geensins die geval nie. Ek voel geliefd en gekoester.

Gister se 22 km vat my op n geel grondpad deur groen koringlande, afgewissel deur die geelste canola en elke nou en dan n olyfboordjie waar die boompies ewe groot en in gelid vir jare al staan. Ek stap van Estella na Los Arcos, n slaperige dorpie midde in die Navarre provinsie.

Die Albergue waar ek inboek is klein en word privaat deur n oulike Spaanse couple gerun. Die krulkop vrou met haar donker oē bak n ringkoek vir ontbyt en vir €3.50 was hulle n mens se klere en maak dit droog.

Ek stap oor n pleintjie na die kitsbank. Die masjien sukkel effens, maar ek kry geld getrek. Nou wil ek net kyk wat my saldo is. Ek sit weer die kaart in en die volgende oomblik is die skerm wit. Kaart opgevreet, done an dusted!

Dis Vrydagmiddag, die bank is reeds sedert 2 uur toe, dis nou half 4 en soos ek kan aflei, maak dit eers 8 uur Maandagoggend oop. Ek kyk rond, maar daar is geen hulp te kry nie. Minute later sien ek twee meisies binne die bank. Hulle het seker laat gewerk en is nou op pad huis toe. Toe hulle uitkom, verduidelik ek in gebaretaal wat gebeur het. Ek word begroet deur n masjiengeweer se Spaans – jammer, kom Maandag terug. Ag liewe Here, sê ek in Afrikaans. Ek is n peregrino, hoe sal ek Maandag kan terugkom? Dis òf die Afrikaans, òf my desperaatheid, òf die woord peregrino (pelgrim in Spaans), maar die een meisie se hart versag, sy sluit weer die bank oop en kom oomblikke later met my kaart terug. Baie, baie gracias, mucho baie dankie, wonderlik!

Vandag loop ek van Los Arcos na Viana, die son skyn en weer is die lewe n lied. Later begin die wolke saampak. Toe ek die Albergue se deur oopstoot, maak die hemele oop.

I walk alone? Ek glo nie. Ek dink die hemelse leërskare is opgekommandeer om my deur die Camino te lei. Hulle kom in alle soorte en vorms – en ek sê dankie.

6 thoughts on “I walk alone … of nie?

  1. Bly vir jou dat jy jou bank kaart gekry het!!! Ek en my skoonsus het saam gestap. Het goed gewerk vir ons, deur die dag alleen gestap, party keer saam, soms met ander, saam gestop vir ‘n cafe con leche en pan met jamon en ‘n kasie vir middagete. Saans lekker saam met mense gekuier. Maar dink as ek die res van my Camino stap eendag doen ek dit ok alleen.
    As jy in Granon gaan slaap oorweeg dit om by ‘Hospital de Peregrinos, San Juan Baustista te slaap. ‘n Fantastiese ervaring. Is ‘donativo’, betaal niks net n donasie en dit word gerun deur volunteer monnike. Kook lekker almal saam en kuier om die tafel met baie huiswyn en klavier spel as iemand kan. Slaapgeriewe primitief, dun dun mattrasse maar dit was vir my een van die hoogtepunte.
    Buen camino!

    Like

  2. Jy vordee goed! Hie hoy die voete? Ok n oulike plek. ‘Sonrisas’ beteken ‘To smile’. Het hoeka die middag laat voor hul deur gesit en kontak(wifi) met familie gemaak. Oulike foto daar geneem. Buen camino

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s