Musiek in my ore

 

 

Burgos in die verte.

 

Die buitewyke van Burgos.

 

Burgos se katedraal van buite gesien.

 

Binnewerk in Burgos se katedraal.

 

Gister stap ek deur die Spaanse platteland met Burgos wat wink in die verte. Ek slaap by n klein Alberge so 13 km buite die stad en deel lekker vars slaai, hoender en aarbeie vir nagereg met my mede-peregrinos. Om die tafel sit n Tjeg, n Slovaak, n Hollander, Spanjaard, Aussie, Franse vrou en ek. Diversiteit op sy beste.

Ek het die afgelope paar dae met musiek gestap. My iPad bly in die deksel van my rugsak. Vandaar lei ek my oorfone na my ore toe – nogal n gedoente as ek my rugsak afhaal, maar dit werk eintlik baie goed. Die plesier is dat ek nie weet wat gaan speel nie. Ek luister alfabeties van bo af. Daar is radio 702 se Solid Gold-versameling. Elke liedjie bring n herinnering van garage paarties, met streep t-shirts en Gap jeans. Dan is daar die virtuoos violis Izhak Perlman se CD wat William vir my opgelaai het. Die woord ‘espanjol’ kom feitlik in elke stuk voor en ek kry hoendervleis om in hierdie omgewing daarna te luister.

Ek het ook n paar vinyls gekopieer: Janis Ian, Dory Previn en n dansplaat wat nog van my ouers af kom, Dance a go go. Ek stap nog so aan en daar begin dit: Alles instrumenteel en so bekend: Hallo Dolly, Piaf se Milord en so gaan dit aan. Dan kom die stadige nommers en Blue Moon speel.

Ek is terug in die laerskool. Ek en sussie Liz sit op my ma-hulle se dubbelbed en werk deur haar juwelekissie. Ons kies ons gunstelinge en pak dit in hopies. Ek gaan vir cheap & cheerful – borspelde met edelweisse en blou klokblmmetjies, stringe houtkrale. Liz is meer kieskeuring – amber krale wat swaar in die hand lê, mooi goed waarin n ontwerper n hand gehad het.

Oor die roomkleurige viniel stoel in die hoek hang my ma se aandrok. Dis ougoud en navy, van syerige materiaal. My ma en pa maak reg vir n aand uit. Agter die konsertina-badkamerdeur lê sy in die bad en my pa stort en skeer. Hulle praat land en sand oor Corlett Drive aandele, Sir de Villiers Graaff en ons opkomende vakansie in die Transkei. Later smeer sy Charles of the Ritz se Revenessence uit n swaar bruin glas bottel op haar gesig en nek. Sy tik druppeltjies Joy by Patou wat in n goue boksie langs die juweelkissie bly, agter haar ore. Dan die lang ougoud hanskoene met die dress ring met die groot bruin steen oor die behandskoende vinger. My pa glip n geel pakkie Rembrandt van Rijn sigarette in sy baadjiesak. Hy is nie n roker nie, maar dis die regte ding om te doen. Later vanaand is ek seker sal hulle op Blue Moon dans. Ek weet dis hoe ek wil wees as ek groot is.

Nou is ek groot en ek en Duan praat ook land en sand. As hy in n ander land is praat ons oor Messenger, anders in die kar oppad om drinks te hê met vriende in ons werksklere van die dag. Ons praat oor Naspers aandele, Julius Malema en eiendom in Malta.

Ek stap op die verlate grondpaatjies van die Camino en die trane loop onder my donkerbril uit. Blue Moon speel en dis musiek in my ore.

5 thoughts on “Musiek in my ore

  1. So ‘n mooi storie Jennie, oor hoe musiek mens kan wegvoer en herinneringe terugroep. Ek geniet elke vertelling en sien uit na die volgende!

    Like

  2. So n mooi storie soos die landskppe waardeur jy stap. Wanneer laas was die gemoed so skoon gewees dat jy so tydsaam Kon terugstap in hierdie toneeltjie in jou ma se kamer in? Mooi stories, mooi prentjies. Ek sien ook uit daarna om van jou te hoor.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s