Hierdie is net so weird

 

 

Kerke oral, soos die pad aangaan.

 

Ons het maar almal ons issues.

 

Die pad is lank en swaar.

 

En die mense wag al daar.

 

 

Vanoggend stap ek uit Burgos waar dit bitter eensaam in n 3-ster hotel was. Na bietjie body admin wonder ek wat de hel ek alleen in hierdie flippen plek op n Vrydagaand maak. Gelukkig is daar n half botteltjie Rioja wyn en n piesang wat my tot slaap dryf.

Na n wonderlike hotel brekfis met bacon en eier, vrugte en koffie by die koppies-vol vat ek die pad. Baie gou loop ek vir Ellen raak, die jong Aussie wat ek die vorige aand in Cardenuela Riopico saam mee gebly het. Ons het n kamer gedeel met Linda (die Hollander – my ouderdom) en Vironica (die Slovaak), net oor die 30.

Ek en Ellen geniet n wonderlike tyd saam. Sy is n designer, 24-jaar oud en bly in Melbourne. Ons geniet die voëls, die Meseta (amper soos n Spaanse Karoo – baie groen vir die Karoo) en gou loop ons die 20 km na Hornillos del Camino.

Hier slaap ek vanaand saam met 12 mense in die kamer. Die nasies verteenwoodig is sekerlik 10. Min of meer helfte-helfte mans en vrouens. Ouderdomme 19 tot 70, skat ek. Hoe weird is dit?

Omdat die dorpie so klein is en omdat ons lus is, besluit ek en Linda om te kook. Ons koop rys en groente van die klein winkeljie. Ek prakseer n risotto en sy maak groente met lensies. Andrew, n Ier vra of hy kan saam eet as hy die skottelgoed was. Uiteindelik om die tafel sit ek en Linda (die kokke), Nicholas ( wie ek glo Jesus se broer is, maar meer oor hom later) van Frankryk, Andrew (ons skottelgoedwasser), Ellen en Veronica. Bietjie verder langs die tafel sit n ouerige man. Ek vra vir Linda of ons hom kan nooi om saam te eet. Hy bied sy brood en chorizo aan en sê dis sy eerste warm kos in n week. Sy naam is Valentin en hy kom van Frankryk. Hy sal binnekort moet ophou stap, want hy het nie meer geld nie.

Ons eet saam en geniet elke oomblik. Ek knyp myself en sê hierdie kan nie waar wees nie. Dis net weird verby!

3 thoughts on “Hierdie is net so weird

  1. Van my spesiaalste tye op die Camino was die tye om die tafels met soveel verskillendes bymekaar, eenvoudige hartswarm kos, vino tinto en baie tale gelyktydig.

    Jys amper by my einde…het gestap tot op Castro Jeriz. Gaan asb op daai dorpie in by die Hospital de Peregrino!! Nie vir slaap, wel vir huis, fotos en stilte. Fab couple wat daar bly.

    Buen camino!!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s