Dis mos my mense dié

 

 

Ek drink nie gewoonlik wyn deur die dag nie, maar sulke ham vra vir vino tinto.

 

Weg van Villacazar de Sirga.

 

Gister stap ek met sonsopkoms uit Villacazar de Sirga. Dit klink effens meer dramaties as wat dit was, want hier kom die son eers goed na sewe op. Die hostal waar ek geslaap het was creepy – ruik na ontsmettingsmiddel, maar die verhitting werk nie en die mure is papierdun. Dwarsdeur die nag hoor ek mense hoes en prewel.

Die volgende dorp is Carrion en daar kry ek mede-peregrinos wat die eerste aand ons Baskiese ervaring gedeel het. Catalina, die veearts van Culombië, Tatiana van Brasilië en Gabby van Kaapstad. Weer besef ek dat hier op die Camino n mens regtig nooit iemand verloor nie.

Die pad is lank en reguit. Meer as 20 km, sonder dorpie of bar in sig. Toe ek amper moed opgee dat daar ooit weer lewe hier om my sal wees, kom n jong Hongaarse meisietjie verby en gee vir my n Mentos sweetie uit n pakkie. Ek kry omtrent trane in my oë van dankbaarheid.

Uiteindelik kom ek in Caldazilla de la Cuerza aan. Hier speel elke middag se binne-krisis homself af. Waar moet ek bly?  Albergue (baie mense in een kamer) of hostal (eie kamer, maar baie eensaam). Ek kies die Albergue Real. Skaars my slaapsak op die bed uitgerol, of die mannetjie by ontvangs beduie dat hier nog Suid-Afrikaners gaan kom slaap. Een in die groep is moeg gestap en die man het terggegaan om te help sak dra.

So ontmoet ek hulle. Karen, Pat en Maria van die Pêrel (min of meer my ouderdom) en n jonger man wat lyk of hy in Thabazimbi sou kon boer. Ons sien mekaar later by die enigste eetplek in die dorpie en sit saam aan tafel. Ek vra vir Paul wat hy doen. Hy in die Katolieke priester op die dorp. Dis sy derde Camino en hy loop saam met drie gemeentelede. Ons lag en gesels en drink wyn.

Later sit ek en Karen en Paul en speel rummy terwyl die skemer oor die klein tuintjie van die Albergue daal. Maria kom sê nag met: ek sien djulle later, nê? Ons lag vir haar Kaapse maniere.

My hart sing. Hierdie is my mense. Ek hoef niks te verduidelik nie. Ek kan maar net lekker kaart speel saam met die Roomse priester en sy gemeentelede van daar doer in die Kaap.

 

2 thoughts on “Dis mos my mense dié

  1. Wow J2 eks soo trots op jou..Jy maak my dag ! Ek lees elke oggend 7 uur jou storie op my daaglikse gautreintog via my cell en kan dan nie respond nie.Jou fotos is baie mooi. Onthou asb om vir elke dag in les vas te pen en te hou sodat ons dit later in jou “story board ” kan gebruik.Jy sal dus moet gou terug dink aan die “paar” dae wat reeds agter die rug is,
    Wat wonderlik is mens besef jy kan alleen wees maar nooit alleenig nie. Daar is altyd iemand wat saam met jou stap maar ons sien dit nie altyd raak nie. Meestal het ons net in mentos nodig….J1

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s