Klim, klim, klim tot by ‘n punt

 

 

Vroegoggend op die Camino.

 

Die lente maak haar merk op die berghange.

 

n Pelgrim van weleer.

 

Oppad na O’Cebreiro.

 

Na n dag se loop langs die Rio Pereje waar n mens sommer die forel in die helder rivierwater kan sien swem, begin ek gister weer berg-op loop. Die opdraend is swaar, maar die uitsig van hierdie laaste hoogtepunt op die Camino is onbeskryflik. Van hier af is dit (min of meer) afdraend tot in Santiago.

Ek beplan om verder as O’Cebreiro, n pragtige klein klipdorpie op die kruin van die berg, te stap, maar na twee alleendae sien ek vir Linda van Holland en besluit net daar om oor te bly.

Dis Sondag en blykbaar geniet die Spanjaarde n uitstappie na hierdie dorpie as deel van hulle ‘day at leisure’.

My gewone benoudheid dat ek nie gaan slaapplek kry nie, dryf my na die munisipale alberge. Ek kry bed nommer 24 in dormitory A – plaas dat dit as vingerwysing sou dien om liewer die pad te vat!  n Verdere vingerwysing moes wees dat daar nie stortdeure is nie (gelukkig is die mans- en vrouebadkamers geskei) maar ek het mos n manier om te dink alles is eintlik oukei.

Ek en Linda hang lekker in die son rond, drink bier en gaan vir n vroeë aandete voor mis in die klein kerkie.

As avontuurlustige eter bestel ek die spesialiteit van die Galencia-streek. Die Spaanse naam is pulpo (seekat). Die prentjies op die spyskaart lyk heerlik. My pulpo kom en ek begin dapper eet. Die seekat kom met suiers en al en is opgekook met bietjie aartappel. Die eindresultaat is beslis chewy, maar met n glibberige buitekant. Elke stukkie wat ek sluk dreig om terug te spring. Ek gee die stryd gewonne en die kelnerin krul haar lip vir hierdie ongesofistikeerde peregrino.

Na die mis hang ons nog n bietjie rond en gaan toe terug na ons slaapplek.

Ek slaap op n boonste bunk bo n ouerige, Italiaanse, oorgewig man. My moed sak in my skoene: ‘I have seen this romance before and it has a horrible ending.’ En so was dit.

Skaars is die lig af, of Oom begin snork. Ek sit oorpluisies in (geen effek), ek draai om dat my kop anderkant toe kyk (slegte feng shui), later sit ek my baadjie oor my kop en druk die moue oor my ore. Niks help nie. Die hele nag lê ek en luister na die gesnork wat net harder en harder word. Die hele kamer bewe en teen half sewe is almal daaruit, behalwe die Oom.

Gelukkig help die vars lug en na n halfuur se stap, voel ek beter. Maar die voorneme is geneem: nie weer slaap ek in n Alberge nie. Ek is te oud, of te bederf, of te beskaafd, of te pieperig, maar ek kan nie.

My laaste agt dae van die Camino gaan ek lekker in hostals bly waar ek alleen my eie klein snorkies van lekkerkry gaan snork, my eie badkamerdeur oop- of toemaak en waar niks sal maak dat ek nie elke dag se stap waardeer en geniet nie.

10 thoughts on “Klim, klim, klim tot by ‘n punt

  1. Ek het lekker gelag – as mens my nooi vir ete en vra wat ek nie eet nie, is die antwoord altyd dieselfde” Squid in Black Ink Sauce” – die Basque se spesiale dis. Ek gril my dood vir daardie swart sanderige sous! My gunsteling was altyd Alchachofas (artisjokke) wat net as ‘n voorgereg bedien is met baie garlic en olyfolie. Kry dit gewoonlik as deel van Menu del Dia. Have a Bacalau and a bottel Rioja on me! Volg jou elke dag. Liefde, Hanna

    Like

  2. Jen, ek volg jou elke inskrywing en kan nie wag vir die volgende een nie. Jy is so n inspirasie en een van die interessantste mense wat ek ken. Die reis wat jy nou amper voltooi het – is iets wat baie van ons graag sou wou doen. Maar die guts kort. Jys n dapper Afrikavrou. Hoop jou mede pelgrims sien dit en besef hoe gelukkig hulle is om jou ye beleef. Xx

    Like

  3. Mens bereik ‘n ouderdom waar mens nie in die nag na ‘n vreemdeling se gesnork wil luister nie. Badkamers deel se aantrekkingskrag vervaag ook min of meer op dieselfde tyd.

    Like

  4. Wow eks trots op jou, veral omdat jy vir in slag aan jouself dink. iets wat meeste van onse geslag net oor wonder.
    Dankie vir die foto van jouself. Ekt begin worry dat ek jou nerens sien nie.Eks beindruk met jou fotos.
    O ja, sien so uit na jou storie op die trein dat ek skoon onsteld is as daar nie in nuwe een is nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s