Soos n perd wat stal geruik het

 

Vroegoggend op my laaste stapdag.

 

 

Die koring staan hoog na amper ses weke op die pad.

My geliefde padslakkies.

En so kom ek in Santiago de Compostella aan.

Syaansig van die katedraal. Die voorkant word gerestoureer.

So hier sit ek nou net na 12 in die middag in n kafee in Santiago de Compostella en drink n glas rooiwyn op my aankoms in die heilige stad. Die katedraal toring bo my uit, maar ek sal more my laaste mis daar bywoon. Klimaks … antiklimaks? Wel, nie een van die twee nie, want ek het geen verwagtings van n epiese aankoms gehad nie. Die feit dat ek 765 km gereis het – omtrent 700 daarvan te voet, is oorgenoeg vir my.

Na twee dae se naderkoms slaap ons gisteraand in Pedrouzo, so 19 km van Santiago af. Ek en Linda van Holland is nou geswore reisgenote, behalwe wat die stap betref. Ons eet saam en bly saam, maar verkies om alleen te stap.

Gisteraand eet ons saam met Gunnar (my gunsteling peregrino). Hy bekla sy lot oor sy reisgenote: Mary (die een vir wie spiritualteit haar gunsteling tydverdryf is) en haar man (Andy, Randy, Sandy?). Gunnar het erge kritiek van hulle af gekry oor allerlei, soos byvoorbeeld dat hy die vroue-toilet by stopplekke gebruik in plaas daarvan om vir die manstoilet te wag. Arme Gunnar is oor en oor daarvoor gekastei. Weer eens dank ek my sterre dat ek alleen stap. Ek dink nie kritiek van n reisgenoot sou vir my gewerk het nie.

So kuier, kuier kom die Camino tot sy einde, maar vanoggend was ek soos n perd wat stal geruik het. Ek sluip kort voor sewe by die alberge in Pedrouzo uit. Die son kom op toe ek reeds buite die stad is. Voor my loop n paar mense, maar meestal is ek alleen. Ek het tyd om te besin oor die lang pad en watter lesse ek huistoe sal vat.

More gaan ek en Linda n klein Fiat huur en vir vyf dae in n cabana op die kus bly. Sy werk aan n boek oor slaapterapie en ek gaan nog so twee dae langs die kus stap. Ek sal ook dan my gedagtes orden en my laaste blog skryf. Maar vir nou is dit toeris-toeris in Santiago, lekker eet, vir oulaas nuwe vriende vaarwel sê …. Ja, doen wat n pelgrim doen as sy aan die einde van haar reis gekom het.

13 thoughts on “Soos n perd wat stal geruik het

  1. Jy’t dit gedoen. Done. Klaar. Wow… Ek het geen idee hoe lank jy dit al wou doen nie, maar ek sou dink jy voel ‘ a huge sense of achievement’? (Jammer, die korrekte Afrikaans vir die frase ontwyk my!) Miskien is dit n totaal verkeerde aanname, maar hoe dit ookal sy, welgedaan! Ek glo jy sal vir altyd kosbare herinneringe v hierdie tog hê. 🙂

    Like

  2. J2 – wow trots op jou ! Die kersie op ‘n lewe wat juis getuig van deursettingsvemoe , stil wees en juig ongeag! Lief Jou ! J2

    Like

  3. Wat n vreugde was dit nie om jou camino saam te kon stap nie. Gaan dit mis!!
    Wel gedaan.
    Dalk klaar gestap maar nooit weer daarsonder…

    Like

Leave a Reply to Anelda Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s