Terugste: die storie is uit

Is die onverklaarbare ligkol op die foto dalk ‘n engel of ‘n spook?

Toe ek die blog oor my pelgrimstog ‘Wegste’ genoem het, was dit sommer n silly naam wat ek uitgedink het omdat al die ander soos ‘Op weg’ en ‘Lang pad’ reeds geneem was. Terugskouend is ‘Wegste’ n baie goeie naam – dit is die teenoorgestelde van ‘Terugste’, die plek waar ek nou is.

Om terug te wees na n  tog van 800 km te voet hou besliste uitdagings in. Die grootste hiervan is dat die herinnerings vervaag en die lesse wat geleer is, onder elke dag se probleme verlore raak.

Tog is daar n paar lesse wat ek hier gaan opteken sodat ek hulle weer en weer kan besoek.

  • Doen soms die onwaarskynlike. Vir n effens onfikse en redelike bang voorstedelike vrou om alleen 800 km in n land te stap waar sy nie die taal kan praat nie, is onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie.
  • Effort, of sy mooi Afrikaanse vriendjie ‘moeite’ moenie in n mens se pad staan om iets epies te doen nie. Dit was n reuse-effort om hierdie reis te onderneem, maar die kompensasie was soveel groter as die moeite.
  • Sit lig in die saal. Dis n frase wat ek dikwels vir my kinders sê, maar self nie te mooi onthou nie. Moenie te veel swaar weer oor goed maak nie. More, oormore is die insident vergete, maar die swaar weer bly sit in jou binneste.
  • Onthou (dis baie maklik om te vergeet) dat jy sterker is as wat jy dink.
  • En op n ligter noot, n mens kan nie groot stukke wit brood met botter en mermelada op n daaglikse basis eet as jy nie 20 km gaan stap nie.

Die foto van die kerkie wat saam met hierdie blog gaan het spesifieke betekenis. Daar is n wit ligkol op wat nie verklaar kan word nie. Dalk n engel of n spook van n pelgrim van weleer? Ek het hulle deurgaans om my gevoel. Die punt is nou om aan te hou voel hoe dit was om beskerm te wees, al looi die wind en al val die reën in vlae.

Die een ding wat ek weet is dat ek weer ‘wegste’ wil wees en verkieslik my voete en getroue Spaanse stapstewels wil gebruik om by die wegste punt uit te kom. Die heuwels om Oxford, Nederland van noord na suid? Patagonië met sy gletsers en verlatenheid? Die tyd sal leer – but watch this spot. Dankie vir almal se ondersteuning. Die kommentaar op my blog het elke dag my voete fermer op hulle pad gerig.

8 thoughts on “Terugste: die storie is uit

  1. Ek het begin droom van ‘n wonderlike stap wat gedoen moet word – deur die Dolomite Alpe tusen Italië en Switserland. Daar’s baie daaroor geskryf. Lyk pragtig. Berge het my nog altyd geval – sort of cuts you down to size – ook die ‘probleme’ wat soms so groot in mens se gemoed kan word. Droom lekker daaroor. Groete, Estelle.

    Like

  2. Jennie, ons het net so lekker aan jou blog gelees. Baie dankie.
    Dit klink asof jy die perfekte reënjas gehad het. Is daar ‘n spesifieke maak waarvoor ons moet uitkyk? Ons begin binnekort met ons Camino en gaan van Saint Jean Pied de Port stap.

    Like

Leave a Reply to Liz Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s